Hoërskool Kempton Park is ’n openbare, Afrikaansmedium- sekondêre skool in Kemptonpark in Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit in Gauteng, Suid-Afrika.

Akademie In 2017 het 258 Hoërskool Kempton Park-leerders die matriekeindeksamen afgelê, waarvan 251 (97,3%) geslaag het.Volgens die oorspronklike bron het 258 leerders die matriekeindeksamen afgelê en het 97,4% van hulle geslaag. 97,4% van 258 is egter 251,29. Die naaste heelgetal, 251, impliseer 'n slaagsyfer van 97,3%. In 2018 het 233 leerlinge die matriekeindeksamen geskryf en 229 (98,3%) het geslaag.

Skaak 'n Leerling aan Hoërskool Kempton Park, Jan du Plessis, is gekies om Suid-Afrika by die Statebondspele en Afrika-spele in skaak te verteenwoordig. Hy het ook gekwalifiseer om as arbiter op te tree.

Afknouery Hoërskool Kempton Park maak in Januarie 2019 opslae toe dit kleedkamers tydens klastyd begin sluit het om afknouery te bekamp. In Oktober 2019 is die skool weer eens in die nuus nadat 'n video wat wys hoe 'n leerling in 'n skoolkleedkamer aangerand word op sosiale media versprei is.

Noemenswaardige alumni Marc Pritzen, fietsryer

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Kemptonpark Kempton Park Hoerskool