Basilius die Salige (Russies: Василий Блаженный, Wasili Blazjenni), is een van die heiliges van die Russies-Ortodokse Kerk bekend as dwase vir Christus.
Hy was die seun van lyfeienes en is in Desember 1468 of 1469 in Jelochowo naby Moskou (nou in Moskou) gebore. Sy pa se naam was Jakob en sy ma s’n Anna.
Hy was oorspronklik ’n leerling-skoenmaker in Moskou en het ’n eksentrieke leefstyl aangeneem deur van winkels te steel en vir die armes te gee. Hy het dikwels nakend rondgeloop en swaar kettings gedra. Hy het Iwan die Verskriklike berispe omdat hy nie in die kerk aandag gegee het nie, asook vir sy wreedaardige optrede teenoor onskuldiges.
Hy is ná sy dood in 1552 of 1557 begrawe in die Sint Basilius-katedraal in Moskou, wat na hom genoem is. Hy is omstreeks 1580 tot heilige verklaar. Sy feesdag is op 2 Augustus volgens die Juliaanse kalender (15 Augustus volgens die Gregoriaanse kalender).
Sien ook Lys van Russiese heiliges
Verwysings Attwater, Donald en John, Catherine Rachel. The Penguin Dictionary of Saints. 3de uitgawe. New York: Penguin Books, 1993. .
Eksterne skakels Sint Basillis van Moskou Die heilige en salige Basilius, dwaas vir Christus 20px|linksHierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia
Kategorie:Geboortes in 1468 Kategorie:Russiese heiliges Kategorie:Sterftes in 1552 Kategorie:Sterftes in die 1550's