Die Blennies (Blenniidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is ongeveer drie en vyftig genera met meer as 350 spesies wat hoort tot dié familie en vyf en veertig van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Die familie is klein met lang, dunnerige lywe. Daar is geen skubbe op die lyf nie. Die dorsale vin is lank en bedek feitlik die hele rug. Die bekkenvin is elementêr met slegs een stekel en slegs vir strale. Die grootte wissel van 3 – 60 cm.

Habitat Die Blennies is alleenswemmers wat gewoonlik op die bodem in die skadu kant van riwwe op hul bekken vinne rus. Hulle kom ook voor in getypoele.

Genera Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Antennablennius Antennablennius bifilum - Horing-klipspringer

Aspidontus Aspidontus dussumieri - Dryf-blennie Aspidontus tractus - Nabootser-blennie

Cirripectes Cirripectes auritus - Swartflap-blennie Cirripectes castaneus Cirripectes gilberti Cirripectes stigmaticus - Rooistreep-blennie

Ecsenius Ecsenius midas - Goue blennie Ecsenius nalolo - Nalolo

Entomacrodus Entomacrodus striatus - Pêrel-klipspringer

Exallias Exallias brevis - Luiperd-klipspringer

Istiblennius Istiblennius dussumieri - Streepkol-klipspringer Istiblennius edentulus - Gerimpelde klipspringer

Omobranchus Omobranchus banditus - Bandiet-blennie

Parablennius Parablennius pilicornis - Ringhals-blennie

Plagiotremus Plagiotremus rhinorhynchos - Tweestreep-blennie Plagiotremus tapeinosoma - Klavier-blennie

Scartella Scartella emarginata - Kuifkopblennie

Xiphasia Xiphasia matsubarai Xiphasia setifer - Slangblennie

Sien ook

Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse