Die Horing-klipspringer (Antennablennius bifilum) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan, die Persiese Golf, Madagaskar, die Comore-eilande, die Maskareense eilande en aan die ooskus van Afrika vanaf noordelike Mosambiek tot by Port Alfred. In Engels staan die vis bekend as die Horned rockskipper.
Voorkoms Die vis is lig gekleurd met sewe donker vertikale bane oor die lyf. Die bane strek tot op die dorsale vin. Die lyf is ook vol wit kolletjies en daar is ook drie strepe onder die kop. Daar is twee vleisagtige penne op die kop.
Habitat Die vis kom voor in getypoele en vlak riwwe tot in water wat 37 m diep is.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Verwysings
Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Antennablennius-bifilum.html
Kategorie:Beenvisse