Die Swartflap-blennie (Cirripectes auritus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese oseaan en aan die ooskus van Afrika vanaf Kenia tot by Sodwanabaai. In Engels staan die vis bekend as die Blackflap blenny.

Voorkoms Die kop is stomp voor en die kop en lyf is room kleurig, pienk of bruin van kleur en by party visse is daar verspreide swart kolletjies op die lyf. Daar is 'n groot swart kol net bokant die kieugleuf op die vis en die vis word tot 6 cm groot.

Habitat Die vis leef in koraalriwwe in water wat 6 – 25 m diep is, is territoritaal van aard en vreet alge en detritus.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Cirripectes-auritus.html

Kategorie:Beenvisse