Kemerowo-oblast (Russies: Ке́меровская о́бласть, Kemerofskaja oblast) is ’n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Siberiese Federale Distrik en die hoofstad is Kemerowo.
Die oblast, wat ’n gebied van 95 500 km2 beslaan, Федеральная служба государственной статистики (Federale Staatstatistiekdiens) (2004-05-21). "Территория, число районов, населённых пунктов и сельских администраций по субъектам Российской Федерации (Territory, Number of Districts, Inhabited Localities, and Rural Administration by Federal Subjects of the Russian Federation)". Всероссийская перепись населения 2002 года (All-Russia Population Census of 2002). URL besoek op 2011-11-01 grens aan Tomsk-oblast in die noorde, Krasnojarsk-krai en Chakassië in die ooste, die Republiek Altai in die suide en Nowosibirsk-oblast en Altai-krai in die weste. Hoewel Kemerowo die hoofstad is, is Nowokoeznetsk die oblast se grootste stad. Kemerowo-oblast is een van Rusland se mees verstedelikte streke, met meer as 70% van die bevolking wat in sy nege grootste stede woon. Die bewoners is hoofsaaklik Russies, maar Oekraïners, Tatare en Tsjoewasjiërs kom ook voor.
Geskiedenis Die oblast is op 26 Januarie 1943 gestig,Charter of Kemerovo Oblast, Article 2 maar is lank voor dit bewoon. Die oudste stad in die streek is Nowokoeznetsk, wat in 1618 gestig is, kort nadat die Kosak-ataman Jermak in Siberië aangeland het.
Die gebied wat die moderne Kemerowo-oblast beslaan, is verskeie duisende jare lank bewoon. In 1618 is die Koeznetsk-fort in die suide van die streek opgerig om dit teen Russiese en Mongoolse invalle te beskerm.
Sowjet-tydperk Ná die Oktober-rewolusie het die streek deel van die Wes-Siberiese Krai geword, en daarna van die Nowosibirsk-oblast. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die streek ’n groot verskaffer van steenkool en metaal geword.
Op 26 Januarie 1943 is die Kemerowo-oblast gestig met Kemerowo as hoofstad. Dit het 17,5% van die Nowosibirsk-oblast ingesluit.
Klimaat Die klimaat van die oblast is kontinentaal: die winters is lank en koud en die somers kort en warm. Die gemiddelde temperatuur in Januarie is tot , en in Julie 17 tot .
Die gemiddelde jaarlikse reënval wissel tussen 300 mm op die vlaktes en voetheuwels tot 1 000 mm of meer in berggebiede.
Kleinplaneet ’n Kleinplaneet, 2140 Kemerovo, wat in 1970 deur die Sowjet-sterrekundige Tamara Smirnowa ontdek is, is na die Kemerowo-oblast genoem.
Etniese samestelling Die etniese samestelling is: Russe – 93,7% Tatare – 1,5% Oekraïners – 0,8% Duitsers – 0,9% Ander – 1,5%Перепись-2010: русских становится больше . Perepis-2010.ru (2011-12-19). URL besoek op 2013-08-20.
Verwysings Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Russiese oblaste