Iwanowo-oblast (Russies: Ива́новская о́бласть, Iwanowofskaja oblast) is ’n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Sentrale Federale Distrik en die hoofstad is Iwanowo. Dit het in 2010 ’n bevolking van 1 061 651 gehad.

Die Wolgarivier vloei deur die noordelike deel van die gebied.

Geskiedenis Iwanowo-nywerheidsoblast (Ива́новская промы́шленная о́бласть) is op 14 Januarie 1929 gestig. Op 11 Maart 1936 het dié gebied die moderne Iwanowo-oblast geword, terwyl dele van die provinsie geskei is en die Jaroslawl-oblast gevorm het.

Geografie Die oblast grens in die noorde aan Kostroma-oblast, in die ooste aan Nizjni Nowgorod-oblast, in die suide aan Wladimir-oblast en in die weste aan Jaroslawl-oblast.

Die klimaat is kontinentaal, met lang en koue winters en kort en warm somers. Die koudste maand is Januarie (gemiddeld in die weste en in die ooste). Die warmste maand is Julie (gemiddeld sowat ).

Demografie Bevolking: 1 061 651

Etniese samestelling: Russe 95,6% Oekraïners 0,8% Tatare 0,7% Armeniërs 0,4% Azerbeidjanners 0,3% Ander: 2,2%

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Russiese oblaste