Herbert Castens (1864–1929) was Suid-Afrika se eerste rugby- en krieketkaptein. Hy was algemeen as H.H. Castens bekend en het 'n belangrike rol in die ontwikkeling van rugby en krieket in Suid-Afrika (beide op en van die veld) gespeel.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Lewensloop Herbert Hayton Castens is op 23 November 1864 in Pearston in die Oos-Kaap gebore. Hy woon die Rugby School in Engeland by en studeer daarna regte aan die Oxford-universiteit. Ná sy studies keer hy na Suid-Afrika terug om die regte in Kaapstad te praktiseer.

Castens was 'n Springbokrubyspeler en Suid-Afrika se eerste Springbok-rugbykaptein. Hierdie toets het in 1891 teen die Britse Leeus plaasgevind. Hy was ook die skeidsregter in die derde toets van die reeks (dieselfde jaar).Die Kapteins. Edward Griffiths. 2001.

Daarnaas was hy ook Suid-Afrika se eerste nasionale krieketkaptein wat 'n toerspan in 1894 aangevoer het.

Hy is op 18 Oktober 1929 oorlede en in ’n ongemerkte graf in die Fulham-begraafplaas buite Londen begrawe.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Springbokkapteins Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1864 Kategorie:Sterftes in 1929