Die Alfosinos (Berycidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Beryciformes. Daar is twee genera met nege spesies wat hoort tot dié familie en drie van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke Die familie se lywe is lank en plat en bedek met skubbe. Die stertvin is gevurk. Die grootte wissel van 20 – 60 cm. Hulle kom voor in rots en koraalriwwe op die kontinentale bank in water wat van 10 – 800 m diep is. Hulle vreet soöplankton en is goeie eetvis en het op sekere plekke kommersiële waarde.
Genera duimnael|links|Beryx commun
Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Beryx Beryx splendens - Slankberyx
Centroberyx Centroberyx spinosus - Kort alfonsino
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Kategorie:Beenvisse