Migael (Hebreeus: מִיכָאֵל, Mîkhā'ēl, [mixaˈʔel], "Wie is soos God?"; Grieks: Μιχαήλ, Mikhaḗl; Latyn: Michahel; Kopties: ⲙⲓⲭⲁⲏⲗ; Arabies: ميخائيل ، مِيكَالَ ، ميكائيل, Mīkā'īl, Mīkāl of Mīkhā'īl; Afrikaans: "Goddelik") is die naam van 'n engel in die Hebreeuse oorlewering van die Tanag. Hierdie oorlewering het ook 'n invloed op die godsdienstradisies van sowel Jode as Christene gehad. In teenstelling met die Christendom het die Joodse tradisie nooit aan Migael "goddelike eienskappe" toegeskryf nie. Max Wiener: Die Lehren des Judentums nach den Quellen. Boekdeel II, bl. 213. Nuwe uitgawe onder redaksie van Walter Homolka. München: Knesebeck 1999
In die Christelike Nuwe Testament word Migael in die Openbaring van Johannes in 'n eskatologiese konteks as die verslaner van Satan uitgebeeld wat dié bose engel in die hel laat stort (Openbaring 12:7). Volgens 'n kerktradisie sal Migael op die Jongste Dag die siele van mense weeg. Sedert die Slag op die Lechveld op 10 Augustus 955 is sint Migael die beskermheilige van die Heilige Romeinse Ryk en later van Duitsland.
Migael kom sedert die 7de eeu n.C. ook in die Islamitiese Koran en in die Arabiese literatuur onder die naam Mikal of Mika'il voor.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Goeie engele Kategorie:Heiliges in die Christendom Kategorie:Hebreeuse Bybel Kategorie:Ou Testament Kategorie:Nuwe Testament Kategorie:Islam Kategorie:Christelike eskatologie