Die kleinkop-vlieënde vis (Cheilopogon pinnatibarbatus altipennis) is 'n vis wat wêreldwyd en in Suid-Afrika vanaf Kaapstad tot by Kosibaai voorkom. Die vis vermy tropiese areas. In Engels staan die vis bekend as die Smallhead flyingfish.

Voorkoms Die uitstaande kenmerk is die lang pektorale vinne wat amper tot by die stertvin reik. Die volwassenes is donkerblou aan die bokant en silwerwit aan die onderkant. Die dorsale vin kan 'n kol of kolletjies op hê en die vis word tot 46 cm groot.

Habitat Die vis verkies water wat tussen 15 - 20 °C is.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Cheilopogon-pinnatibarbatus+altipennis.html

Kategorie:Beenvisse