Die Snowshoe is ’n seldsame, kortharige katras wat in die 1960's in die VSA ontstaan het.
Geskiedenis Snowshoes is die eerste keer in Philadelphia geteel toe ’n Siamese kat drie katjies gehad het met wit pote. Die teler, Dorothy Hinds-Daugherty, het toe ’n teelprogram begin met wat aanvanklik bekend was as "Silver Laces". Sy het die Siamese katte met tweekleurige Amerikaanse korthaarkatte en ander rasse gekruis. Toe sy die program verlaat, het Vikki Olander by haar oorgeneem. Sy het die eerste teelstandaard opgestel, nuwe telers gewerf en daarna gestreef om die kat erken te kry by verskillende verenigings. Die Cat Fanciers Federation (CFF) en die American Cat Association's (ACA) het die kat in 1974 aanvaar as ’n eksperimentele ras. In 1989 het Olander die program verlaat, maar teen daardie tyd was die Snowshoe gewild en dit het in 1990 kampioenskapstatus by die American Cat Fanciers Association gekry. In 1993 het The International Cat Association (TICA) dit erken. Dit word reeds deur verskeie ander verenigings aanvaar.
Al bestaan die katte reeds 45 jaar lank, is hulle skaars omdat dit moeilik is om die regte patroon te verkry.
Beskrywing Die Snowshoe is ’n medium-groot kat en langer as die meeste ander katrasse. Die kop kan driehoekig of rond wees. Die pels is medium-kort en moet blink wees sonder enige teken van ’n onderste laag hare. Hulle kan blou, lila, nertsbruin, ligbruin, sjokoladebruin en robbruin wees. Die patroon bestaan uit effekleurige en wit dele. Die punte is donker effekleure. Hul kleure verdonker namate hulle ouer word. Die oë is altyd blou.
Die katte is lieftallig en stil en moenie vir lang tye alleen gelaat word nie. Hulle miaau baie, maar nie so hard soos die Siamese kat nie. Hulle is intelligent en hou van water.
Verwysings
Eksterne skakels
Snowshoe TICA-standaarde
Sien ook Lys van katrasse
20px|linksHierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia
Kategorie:Katrasse