Die Modeltobie (Canthigaster valentini) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika van die Rooisee tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Model toby.
Voorkoms Die vis is geel-wit met geel kolletjis aan die bokant en swart strepe oor die bokant. Die stertvin is geel. Die mannetjies het blou strepe wat vanaf die oë uitstraal. Die vis word 9 cm lank.
Habitat Die vis leef in koraal- en rotsriwwe in water wat tot 32 m diep is. Hulle eet alge en bodemongewerweldes. Voortplanting word gedoen op die harembeginsel; 'n dominante mannetjie het 4 - 7 wyfies. Die slym op die vis se vel veroorsaak dat hy sleg smaak en roofvisse vermy die vis as gevolg daarvan.
Galery
Sien ook
Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Canthigaster-valentini.html
Kategorie:Beenvisse