Die Stekel-koeivis of seevarkieHandwoordeboek van die Afrikaanse Taal (Lactoria diaphana) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf die noorde van Mosambiek tot by die Wes-Kaap. So nou en dan kom die visse voor tot by Swakopmund. In Engels staan die visse bekend as die Spiny cowfish.

Voorkoms Die vis is liggeel van kleur met rooibruin skynsels in. Die vis het 'n dik, harde vel bekend as die karapaks wat lyk asof dit met 'n net oortrek is. Daar is 'n kort stekel bokant elke oog. Die vis word 25 cm lank.

Habitat Die vis leef in vlak koraal- en rotsriwwe, maar wel op die bodem. Die mannetjie het 'n harem van 3 - 4 wyfies.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Lactoria-diaphana.html

Kategorie:Beenvisse