Die Bombaaikat (Engels: Bombay) is ’n kortharige katras. Daar is twee soorte: die Amerikaanse en die Britse Bombaaikat.
Britse Bombaaikat Britse Bombaaikat is die naam wat gegee word aan swart katte in die Asiatiese rasgroep.Fogle, B.: The Encyclopedia of the Cat. Dorling Kindersley: 2008 Dit is ’n Birmaanse tipe kat met ’n swart pels, tone en neus, en koper tot groen oë. Die blink pels moet tot by die wortels gekleur wees.
Amerikaanse Bombaaikat duimnael|150px|’n Amerikaanse Bombaaikat Die Amerikaanse Bombaaikat is in 1958 in die Amerikaanse staat Kentucky geteel. ’n Amerikaanse korthaarkat is met ’n Birmaanse kat geteel om ’n kat met die voorkoms van ’n swartluiperd te skep.Amerikaanse Bombaaikat, mybombaycat.com. URL besoek op 22 Januarie 2012 Die Amerikaanse katte het koper- of goudkleurige oë en ’n pikswart pels.
Sien ook Lys van katrasse
Verwysings
Eksterne skakels Suider-Afrikaanse standaarde Britse Bombaaikat Amerikaanse Bombaaikat Fanciers.com – Amerikaanse Bombaaikat Algemene inligting: Amerikaanse Bombaaikat
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Katrasse