Die Naaldvisse en Langlanse (Belonidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Beloniformes. Daar is tien genera met drie en dertig spesies wat hoort tot dié familie en vier van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Die familie se lywe is lank en silindries. Die kakebene is gevorm in 'n lang plat bek met tande wat soos naalde lyk. Die dorsale en anale vinne is regoor mekaar by die sertvin. Die grootte wissel van 4 cm tot 1.3 m. Die familie eet hoofsaaklik ander vis. Goeie eetvis.

Genera Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Ablennes Ablennes hians - Balk-naaldvis

Petalichthys Petalichthys capensis - Kaapse naaldvis

Tylosurus Tylosurus crocodilus - Krokodil-naaldvis

Strongylura Strongylura leiura - Geelvin-naaldvis

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse