Die Spierinkies (Atherinidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Atheriniformes. Daar is vyf en twintig genera met 165 spesies wat hoort tot dié familie en vyf van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke Die familie se lywe is lank en silindries met twee dorsale vinne. Die familie se grootte wissel tussen 5 – 14 cm. Hulle is skoolvisse wat in vlak kuswater voorkom in riviermondings en vreet hoofsaaklik soöplankton. Party spesies leef in varswater. Die familie word hoofsaaklik as aas gebruik.
Genera Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Atherina Atherina breviceps - Kaapse spierinkie
Atherinomorus Atherinomorus lacunosus - Klipkop-spierinkie
Atherion Atherion africanum - Stekelneus-spierinkie
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Kategorie:Beenvisse