Die Kaapse spierinkie (Atherina breviceps) is 'n vis wat endemies is aan Suider-Afrika en vanaf Walvisbaai tot by die grens van Mosambiek voorkom. In Engels staan die vis as die Cape silverside bekend.
Voorkoms Die vis se lyf is deurskynend met 'n helder geel streep op die sye. Swart kolletjies bedek die bokant van die rug. Die vis word tot 11 cm lank.
Habitat Die vis leef in riviermondings en vlak, sanderige water naby die kus in skole. Hulle vreet planktondiertjies.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bronne Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.
Eksterne skakel http://www.fishbase.us/summary/Atherina-breviceps.html
Kategorie:Beenvisse