Die Krokodil-naaldvis (Tylosurus crocodilus) is 'n vis wat voorkom in die tropiese en subtopiese water van die Atlantiese Oseaan, die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Knysna. In Engels staan die vis bekend as die Crocodile needlefish.

Voorkoms links|duimnael|'n Krokodil-naaldvis wat in die nag met behulp van kunsmatige lig gevang is.

Die vis se lyf is donker blou aan die bokant, silwer aan die kante en witterig aan die onderkant. Daar is swart kolletjies op die pektorale vinne. Die vis word tot 86 cm lank.

Habitat Dit is 'n pelagiese vis wat soms in riviermondings voorkom. Hulle is alleenswemmers of kom in klein groepies voor. Gedurende die nag spring die vis uit die water uit agter lig aan. Mense is al so beseer.

Sien ook

Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Tylosurus-crocodilus+crocodilus.html

Kategorie:Beenvisse