Die blaasoppe, tobies en blaasvisse (Tetraodontidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Tetraodontiformes. Daar is ongeveer twintig genera met 125 spesies wat hoort tot dié familie en 32 van die spesies kom ook aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Die uitstaande kenmerk van die familie is hulle vermoë om hulle self op te blaas deur water of lug in te neem. Hulle doen dit as 'n afskrikmiddel en verdedigingsmeganisme. Wanneer die gevaar verby is, blaas hulle weer af. Hulle word ook Blaasvisse genoem vanweë die gewoonte om sand met 'n straal water van 'n prooi wat wegkruip te blaas.

Daar is twee tande in elke kaak wat die vis 'n papegaaimondvoorkoms gee. Die gee aanleiding tot die vis se naam want Tetraodon beteken vier. Hul grootte wissel van 6 – 15 cm en die familie kom op die bodem voor tot op dieptes van 400 m. Die familie is omnivore en eet letterlik enige iets: alge, sponse, seeanemone, skaaldiere, slakke en korale.

Die vel van die familie bevat 'n toksien genaamd tetrodotoksien. Die toksien is giftig en mense, katte en ander soogdiere sterf indien hulle die toksien inneem. Selfs vlieë wat dooie blaasoppe vreet vrek. Tog word die vis geëet in Japan en staan bekend as Fugu. Visse soos barrakuda en tuna eet egter die familie en word nie geaffekteer deur die toksien nie. Daar is tans nog geen verklaring hiervoor nie.

Genera Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Amblyrhynchotes Amblyrhynchotes Honckenii - Boosoogblaasop

Arothron Arothron hispidus - Witspikkel-blaasop Arothron immaculatus - Swartrand-blaasop Arothron inconditus - Pensstreep-blaasop Arothron mappa - Kaart-blaasop Arothron meleagris - Tarentaal-blaasop Arothron nigropunctatus - Swartspikkel-blaasop Arothron stellatus - Ster-blaasop

Canthigaster Canthigaster amboinensis - Gespikkelde tobie Canthigaster bennetti - Mooitobie Canthigaster coronata - Saal-tobie Canthigaster janthinoptera - Heuningkoek-tobie Canthigaster rivulata - Dubbellyn-tobie Canthigaster smithae - Tweekleur-tobie Canthigaster solandri - Valsoog-tobie Canthigaster valentini - Modeltobie

Chelonodon Chelonodon pleurospilus - Fraaiblaasop

Sien ook

Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse