Die Koeihaaie (Hexanchidae) is 'n kraakbeenvis-familie wat hoort tot die orde Hexanchiformes. Daar is drie genera met vier spesies wat hoort tot dié familie en al vier die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Die familie se lyf is lank met slegs een dorsale vin wat op die agterkant van die lyf is en 6 tot 7 kieue splete kan teenwoordig wees. Die familie kan tot 5 m lank word en kom voor vanaf die kus tot op dieptes van 1 900 m.

Genera Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Heptranchias Heptranchias perlo - Skerpneus-sewekiefhaai

Hexanchus Hexanchus griseus - Seskiefhaai Hexanchus nakamurai - Grootoog-seskiefhaai

Notorynchus Notorynchus cepedianus - Platneus-sewekiefhaai

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Kategorie:Haaie