Die Blouhaaie (Carcharhinidae) is 'n kraakbeenvis-familie wat hoort tot die orde Carcharhiniformes. Daar is twaalf genera met vyftig spesies wat hoort tot dié familie en drie en twinig van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Die familie het twee dorsale vinne en 'n anale vin. Die lengte van die onderste lob van die stert is ongeveer ⅓ tot 'n ½ van die lengte van die boonste stertlob. Die familie kan tot 7.4 m lank word. Slegs twee van die spesies wat aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom bly slegs in die oseaan. Die ander kom ook voor in riviere, riviermondings en strandmere.

Genera Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Carcharhinus Carcharhinus altimus - Grootneushaai Carcharhinus albimarginatus - Silwertiphaai Carcharhinus amblyrhynchos - Grysrifhaai Carcharhinus amboinensis - Javahaai Carcharhinus brachyurus - Koperhaai Carcharhinus brevipinna - Spinnerhaai Carcharhinus leucas - Zambezihaai Carcharhinus limbatus - Swarttiphaai Carcharhinus longimanus - Opesee-wittiphaai Carcharhinus melanopterus - Swartvin-rifhaai Carcharhinus obscurus - Donkerhaai Carcharhinus plumbeus - Sandbankhaai

Galeocerdo Galeocerdo cuvier - Tierhaai

Loxodon Loxodon macrorhinus - Sleetooghaai

Prionace Prionace glauca - Blouhaai

Rhizoprionodon Rhizoprionodon acutus - Melkhaai

Triaenodon Triaenodon obesus - Stompkophaai

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Kategorie:Haaie