Die Hondhaaie (Squalidae) is 'n kraakbeenvis-familie wat hoort tot die orde Squaliformes. Daar is twee genera met twaalf spesies wat hoort tot dié familie en vyf van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke Die familie het twee dorsale vinne, vyf pare kieusplete en geen anale vin nie. Die familie kan tot 1.2 m lank word en kom voor vanaf die oppervlakte tot op dieptes van 600 m.
Genera Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Cirrhigaleus Cirrhigaleus asper - Ruwevel-penhaai
Squalus Squalus acanthias - Spikkel-penhaai Squalus megalops - Stompneus-penhaai Squalus mitsukurii - Langneus-penhaai
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Verwysings
Kategorie:Haaie