Boggomsbaai is 'n aftree- en vakansiedorp naby Vleesbaai in die Suid-Afrikaanse provinsie Wes-Kaap. Boggomsbaai ressorteer onder die Mosselbaai Plaaslike Munisipaliteit, wat onder beheer van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit val.

Wapen Boggomsbaai se plaaslike raad het in 1990 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer : Slangsnitgewys gedeel, in die skildhoof na links en in die skildvoet na regs, blou en goud, regs twee swemmende silwer walvisse paalsgewys geplaas. Die helmteken was 'n goue bobbejaanskop uitkomend uit 'n blou muurkroon, en die wapenspreuk "Excloe et conserva".National Archives of South Africa : Data of the Bureau of Heraldry .

Sien ook Fransmanshoek Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Baaie van Suid-Afrika Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap