Op-die-Berg of Die Dorp op die Berg is 'n dorp in die Suid-Afrikaanse provinsie Wes-Kaap. Dit is in die Koue Bokkeveld, noord van Ceres geleë, en is sinoniem met kersieboorde en sneeu in die winter. Op-die-Berg lê in die Witzenberg Plaaslike Munisipaliteit, wat onder beheer van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit val. Die R303-streeksroete gaan deur die dorp.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika Koppieshoogte-rebellie

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap