Franskraalstrand, ook bekend as net Franskraal is 'n dorpie in die provinsie Wes-Kaap van Suid-Afrika. Franskraalstrand is so 5 km van Gansbaai en lê aan die kus van die Overstrand Plaaslike Munisipaliteit, wat onder die Overberg-distriksmunisipaliteit ressorteer. Die R43 provinsiale pad gaan deur die dorp.

Die Strandveld-museum in die dorpie bevat historiese voorwerpe van HMS Birkenhead, wat in 1852 by Danger Point gestrand het. Die Uilenkraalsmond-oord, oos van die dorpie, bied kamp- en karavaan geriewe. Die oord is langs die Uilkraalrivier geleë, by die Uilkraalsmond-gedeelte van die Walkerbaai Natuurreservaat lê. 'n Sand strand strek vanaf die oord verby die strandmeer by die riviermond tot in die natuurreservaat.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap