Die Remoras (Echeneidae) is 'n vis-familie wat behoort tot die orde Perciformes. Daar is vier genera met agt spesies wat tot dié familie behoort en ses van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke Die grootse kenmerk van die familie is die plat skyf op die kop waarmee die visse aan ander visse vassuig. Hulle suig aan haaie, rôe, skilpaaie en selfs tot skepe vas. Hierdie proses is 'n vorm van simbiose.
Genera Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Echeneis Echeneis naucrates - Haaisuier
Phtheirichtys Phtheirichtys lineatus
Remora Remora remora - Remora
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Kategorie:Beenvisse Kategorie:Simbiose