Die Kathaaie (Scyliorhinidae) is 'n kraakbeenvis-familie wat hoort tot die orde Carcharhiniformes. Daar is sewentien genera met meer as 100 spesies wat hoort tot dié familie, sestien van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor waarvan elf endemies is.

Kenmerke duimnael|links|'n Eierkapsule, bekend as 'n meermin- of haaibeursie.

Die familie het twee dorsale vinne en die onderste lob van die stertvin is baie klein en het vyf kieue splete. Die meeste spesies is ovipaar en die grootte wissel van 30 cm tot 1.6 m. Hulle word gewoonlik op of naby die bodem gevind tot op dieptes van 2 000 m. Die haaie is redelik klein en nie baie vinnig nie. Hulle vermy warmer waters.

Genera Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Halaelurus Halaelurus lineatus - Band-kathaai Halaelurus natalensis -Tierkathaai

Haploblepharus Haploblepharus edwardsii - Pofadder-skaamooghaai Haploblepharus pictus - Donkerskaamooghaai

Poroderma Poroderma africanum - Streephaai Poroderma pantherinum - Luiperd-kathaai

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron

Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Haaie