Die Hondhaaie (Triakidae) is 'n kraakbeenvis-familie wat hoort tot die orde Carcharhiniformes. Daar is sewe genera met 38 spesies wat hoort tot dié familie en sewe van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke Die familie het twee dorsale vinne, die bekken vin is agter by die anale vin en het vyf kieue splete. Die grootte wissel van 50 cm tot 2 m. Die familie kom gewoonlik naby die bodem voor.
Genera Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Galeorhinus Galeorhinus galeus - Vaalhaai
Hypogaleus Hypogaleus hyugaensis - Kleiner sopvinhaai
Mustelus Mustelus mosis - Hardeneus-hondhaai Mustelus mustelus - Hondhaai Mustelus palumbes - Witkol-hondhaai
Triakis Triakis megalopterus - Gespikkelde sloothaai
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Kategorie:Haaie