Vir die voëlspesie sien Hamerkop

Die hamerkophaaie (Sphyrnidae) is 'n kraakbeenvis-familie wat aan die orde Carcharhiniformes behoort. Daar is slegs een genus met agt spesies wat aan hierdie familie behoort en drie van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke duimnael|links|'n Man dra 'n groothamerkop deur die strate van Mogadisjoe Die uitstaande kenmerk van die familie is die vorm van die kop en die posisie van die oë. Die kop lyk soos 'n hammer en die oë is weerskante van die 'hammerkop'. Die familie het vyf kieusplete en kom tot op dieptes van 300 m voor. Groot hammerkoppe kan gevaarlik vir mense wees. Die familie is oënskynlik immuun teen die gif van pylsterte.

Genus Die volgende genus en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Sphyrna Sphyrna mokarran - Groothamerkophaai Sphyrna lewini - Skulprandhamerkophaai Sphyrna zygaena - Gladde hamerkophaai

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/FamilySummary.php?ID=12

Kategorie:Haaie