Die Langsterthaaie (Stegostomatidae) is 'n kraakbeenvis-familie wat hoort tot die orde Orectolobiformes. Daar is slegs een genus met 1 spesie wat hoort tot dié familie en die spesie kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke Die uitstaande kenmerk van die familie is dat die boonste gedeelte van die stertvin langer as die lyf is terwyl die onderste gedeelte van die stertvin amper nie bestaan nie. Die anale vin is ook langer as die dorsale vin. Die familie het vyf kieue splete.
Genus Die volgende genus en spesie kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Stegostoma Stegostoma fasciatum - Sebrahaai
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Kategorie:Haaie