Die Opahs (Lampridae) is 'n vis-familie wat tot die orde Lampriformes behoort. Die familie bevat slegs een genus met twee spesies. Een van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Agtergrond Die lywe van die twee soorte is langwerpig-ovaalvormig en die pektorale en bekkenvinne is goed ontwikkeld. Die volwasse visse het geen tande nie. Die visse is groot, van 1.1 m tot 2 m.
Genus Die enigste genus is: Lampris Lampris guttatus - Gespikkelde opah
Die tweede spesie wat nie in Suid-Afrika voorkom nie is: Lampris immaculatus - Suidelike opah
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Verwysings
Kategorie:Beenvisse