Die Beenvisse (Osteichthyes) is 'n superklas van visse wat aan die filum van die Gewerweldes behoort. Die superklas maak voorsiening vir alle tipe visse waarvan die skelet uit been bestaan. Beenvisse beskik oor swemblase en operkulums (kieudeksels) met een kieu-opening aan elke kant van die kop. Die meeste spesies is ovipaar en slegs die families Bythitidae, Clinidae en die Selakante is vivipaar.

Die superklas sluit die kraakbeenvisse uit. Visse waarvan die skelet uit kraakbeen bestaan ressorteer onder die superklas Chondrichthyes.

Die superklas Osteichthyes het twee klasse: Sarcopterygii en Actinopterygii.

Visordes Die volgende ordes is deel van die beenvisse en kom aan die Suider-Afrikaanse kus voor: Nommer Orde Beskrywing Klas Superklas 1 Albuliformes Beenvisagtiges Straalvinvisse Beenvisse 2 Anguilliformes Palings Straalvinvisse Beenvisse 3 Atheriniformes Straalvinvisse Beenvisse 4 Beloniformes Straalvinvisse Beenvisse 5 Beryciformes Straalvinvisse Beenvisse 6 Clupeiformes Harings, sardyne en Ansjovisse Straalvinvisse Beenvisse 7 Coelacanthiformes Selakante Vleisvinvisse Beenvisse 8 Cypriniformes Straalvinvisse Beenvisse 9 Elopiformes Straalvinvisse Beenvisse10 Gadiformes Kabeljouagtiges Straalvinvisse Beenvisse11 Gobiesociformes Klipsuiers Straalvinvisse Beenvisse12 Gonorynchiformes Sand en Melkvisse Straalvinvisse Beenvisse13 Lampriformes Straalvinvisse Beenvisse14 Lepidosireniformes Suid-Amerikaanse en Afrika longvisse Vleisvinvisse Beenvisse15 Lophiiformes Hengelaars Straalvinvisse Beenvisse16 Mugiliformes Harders Straalvinvisse Beenvisse17 Ophidiiformes Kuskpalings Straalvinvisse Beenvisse18 Perciformes Baarsagtiges Straalvinvisse Beenvisse19 Pleuronectiformes Platvisse Straalvinvisse Beenvisse20 Scorpaeniformes Straalvinvisse Beenvisse21 Siluriformes Babers Straalvinvisse Beenvisse22 Syngnathiformes Pypvisse & Seeperdjies Straalvinvisse Beenvisse23 Tetraodontiformes Straalvinvisse Beenvisse24 Zeiformes Straalvinvisse Beenvisse

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.