Anna Achmatowa (Russies en Oekraïens: А́нна Ахма́това; – 5 Maart 1966) was ’n modernistiese digter in Rusland en die Sowjetunie. Sy is gebore as Anna Andrejewna Gorenko (Russies: А́нна Андре́евна Горе́нко; Oekraïens: А́нна Андрі́ївна Горе́нко) en het onder die skuilnaam Anna Achmatowa geskryf.
Achmatowa was een van Rusland se mees gerespekteerde skrywers.Harrington (2006) p11 Haar werk het gewissel van kort liriese gedigte tot ingewikkeld gestruktureerde siklusse soos Requiem (1935–1940), haar tragiese meesterstuk oor die Stalinistiese terreur. Haar styl, wat gekenmerk word deur spaarsame woordgebruik en emosionele selfbeheersing, was merkwaardig oorspronklik en anders as dié van haar tydgenote. Die sterk, helder vroulike stem het aanklank gevind by aanhangers van Russiese gedigte. Haar werke kan in twee tydperke opgedeel word: dié van 1912 tot 1925 en dié van omstreeks 1936 tot met haar dood. Die twee periodes word geskei deur ’n dekade waarin sy min werk gelewer het. Haar werk is veroordeel en gesensor deur Stalinistiese owerhede en dit is merkwaardig dat sy nie geëmigreer het nie, maar in Rusland gebly het as ooggetuie van die destydse gruweldade. Haar blywende temas sluit in meditasies oor herinneringe en tyd asook die probleme van lewe en skryf in die skadu van Stalinisme.
Primêre bronne met inligting oor Achmatowa se lewe is taamlik skaars omdat baie van die geskrewe rekords vernietig is tydens die oorlog, rewolusie en totalitêre regime. Sy was vir lang tydperke in amptelike onguns en baie van die mense na aan haar is in die gebeure ná die rewolusie dood.Wells (1996) p2
Vroeë lewe en familie Achmatowa is gebore op Bolsjoi Fontan, naby die Swartsee-hawestad Odessa. Haar pa, Andrei Antonowitsj Gorenko, ’n staatsamptenaar, en haar ma, Inna Erazmowna Stogowa, het albei van die Russiese adel afgestam. Achmatowa het geskryf: "Niemand in my groot familie het gedigte geskryf nie. Maar die eerste Russiese vrouedigter, Anna Boenina, was die tannie van my oupa Erasm Iwanowitsj Stogof. Die Stogofs was beskeie grondbesitters in die Mozjaisk-streek van die Moskou-provinsie. Hulle het daarheen getrek ná die oproer tydens die tyd van Posadnitsa Marfa. In Nowgorod was hulle ryker en het hulle groter aansien geniet. Khan Achmat, my voorvader, is een nag in sy tent deur ’n Russiese huurmoordenaar vermoor. Karamzin vertel vir ons dat dit die einde van die Mongoolse Juk in Rusland ingelui het. […] Dit is alom bekend dat hierdie Achmat ’n afstammeling van Djengis Khan was. In die 18de eeu het een van die Achmatof-prinsesse – Praskowja Jegorwna – met die ryk en bekende Simbirsk-grondeienaar Motowilof getrou. Jegor Motowilof was my oupagrootjie; sy dogter, Anna Jegorowna, was my ouma. Sy is dood toe my ma nege jaar oud was en ek is na haar genoem."Polivanov (1994) p6-7
Haar gesin het na Tsarskoje Selo naby Sint Petersburg getrek toe sy 11 maande oud was.Harrington (2006) p13 Sy het haar skoolloopbaan in Kiëf voltooi nadat haar ouers in 1905 geskei het. Sy het daarna regte aan die Universiteit van Kiëf studeer en ’n jaar later is sy na Sint Petersburg om letterkunde te studeer.Wells (1996) p4
Achmatowa het in haar laat tienerjare begin om gedigte te publiseer, hoewel geen van dié werk behoue gebly het nie.Martin (2007) p2Wells (1996) p3 Haar pa wou nie hê enige gedigte moes onder sy "respektabele" naam gepubliseer word nie en sy het haar ouma se van, Achmatowa, as ’n skuilnaam aangeneem.Anderson (2004)
duimnael|links|Anna Achmatowa en haar man Nikolai Goemiljof en seun Ljef Goemiljof, 1913 Op Kersaand van 1903 het sy die jong digter Nikolai Goemiljof ontmoet en hy het haar aangemoedig om te skryf. Hy het haar ook verskeie kere gevra om te trou. Op 17-jarige ouderdom het Achmatowa haar eerste gedig in sy tydskrif, Sirius, gepubliseer – die titel kan rofweg vertaal word as Aan sy hand is baie blink ringe (1907). Sy het dit onderteken "Anna G."Martin (2007) p3 Sy het gou in die Sint Petersburgse kunskringe bekend geword en het gereeld voorlesings in die openbaar gedoen. In daardie jaar skryf sy sonder geesdrif aan ’n vriendin: “Hy is nou al drie jaar lief vir my, en ek glo dis my lot om sy vrou te wees. Ek weet nie of ek hom liefhet nie, maar dit voel vir my so.” In April 1910 is sy in Kiëf met Goemiljof getroud, hoewel niemand in haar familie die troue bygewoon het nie. Die paartjie het hul wittebrood in Parys gehou, en daar het sy die Italiaanse kunstenaar Modigliani ontmoet en bevriend.
In laat 1910 het sy saam met digters soos Osip Mandelstam en Sergei Gorodetski die Digtersgilde gestig. Hulle het Akmeïsme (van die Latynse woord akme, wat "hoogtepunt" beteken) ontwikkel – hulle het hulle verset teen die Simbolisme en het in hul gedigte gestreef na helderheid. Akmeïsme is ontwikkel in dieselfde tyd as die Imagisme in Europa en die VSA.Wells (1996) p8
Tydens hul eerste jaar saam het Achmatowa geskryf haar man "het sy passie verloor" vir haar. Aan die einde van daardie jaar het hy op ’n reis van ses maande na Afrika vertrek. In dié tyd het Achmatowa "haar eerste voorsmaak van roem" gehad. Sy het bekend geword, nie soseer vanweë haar skoonheid nie, maar eerder haar intense aantrekkingskrag en bekoring. Sy het die aandag getrek van baie mans, ook bekendes. Sy het Modigliani weer in Parys besoek waar hy minstens 20 skilderye van haar gemaak het, onder meer naakstudies. Sy het later ’n affair begin met die Akmeïsme-digter Osip Mandelstam. Achmatowa se seun, Ljef, is in 1912 gebore en het later ’n bekende historikus geword.Harrington (2006) p14
Die Silwer Era duimnael|Skildery van Achmatowa deur Olga Della-Vos-Kardovskaya, 1914 In 1912 het die Digtersgilde haar digbundel Aand (Wjetsjer) gepubliseer – die eerste van vyf in nege jaar.Nota: Dit het vinnig uitverkoop en verskeie goeie resensies gekry. Die boek het haar gevestig as ’n nuwe en opwindende nuwe skrywer.Harrington (2006) p. 15 Dit is ook in verskeie tale vertaal.
Haar tweede bundel, Bidsnoer (Tsjetki), het in Maart 1914 verskyn en het haar een van die gewildste digters van dié tyd gemaak.Wells (1996) p. 6Nota: Duisende vroue het haar styl nagevolg en gedigte geskryf "ter ere van Achmatowa". Daarvan het sy gesê: "Ek het vroue leer praat, maar weet nie hoe om hulle stil te kry nie." In Gedig sonder ’n held, die langste en een van haar bekendste gedigte wat sy dekades later geskryf het, onthou sy dit as ’n geseënde tyd in haar lewe.Nota: Gedig sonder ’n held is geïnspireer deur Poesjkin se Ewgeni Onegin Sy het ook bevriend geraak met Boris Pasternak en gerugte het die ronde gedoen dat sy ’n verhouding met die invloedryke liriese digter Aleksander Blok het.Wells (1996) p10Poets.org Biog. URL besoek 2010-08-15 In Julie 1914 het Achmatowa geskryf:
"Skrikwekkende tye lê voor Binnekort sal vars grafte die aarde bedek"
Op 1 Augustus het Duitsland oorlog teen Rusland verklaar, wat die "donker storm" vir Rusland ingelui het: die Eerste Wêreldoorlog, rewolusie, burgeroorlog en ’n totalitêre regering.Martin (2007) p. 5 Dit was die einde van die Silwer Era.
Achmatowa het ’n verhouding met die mosaïekkunstenaar en digter Boris Anrep gehad; baie van haar gedigte in dié tyd gaan oor hom en hy het weer baie mosaïekwerke gemaak waarin sy voorkom. Sy het gedigte vir haar derde boek, Wit Swerm (Belaja Staja), in 1917 gekies.Nota: In Februarie van dié jaar het die rewolusie in Sint Petersburg (toe Petrograd) begin; soldate het op betogers geskiet, en ander het gestaak. In ’n stad sonder enige elektrisiteit of rioolstelsel, met min kos en water, was siekte en hongersnood die inwoners se voorland. Haar vriende het om haar gesterf en talle ander het ’n veiliger heenkome in Europa en Amerika gaan soek – ook Anrep, wat na Engeland gevlug het. Achmatowa het besluit om in Rusland te bly. Op die hoogtepunt van haar roem, in 1918, is sy van haar man geskei en teen sommige vriende se wense in met die bekende digter Wladimir Sjileiko getroud.Harrington (2006) p16Wells (1996) p11 Sy het later affairs gehad met die teaterdirekteur Michail Zimmerman en komponis Arthur Lourié, wat baie van haar gedigte getoonset het.Feinstein (2005) p83
Die vervloekte jare In 1921 is Achmatowa se eksman, Goemiljof, vervolg vir sy beweerde rol in ’n monargistiese sameswering teen die Bolsjewiste en op 25 Augustus is hy en 61 ander doodgeskiet. Volgens die historikus Rayfield was die moord op Goemiljof deel die staat se reaksie op die Kronstadt-rebellie. Die geheime diens, die Tsjeka, het Petrograd se intellektuele die skuld gegee vir die rebellie en ’n professor in aanhouding gedwing om die name van "samesweerders" bekend te maak. Baie van hulle, ook Goemiljof, is toe die doodstraf opgelê. Gorki en ander het daarteen geappelleer, maar teen die tyd dat Lenin verskeie van hulle begenadig het, was die mense reeds geskiet.Rayfield, Donald (2004) Stalin and his Hangmen. Random House. p117 Dae daarna het Achmatowa geskryf: Terreur betas alle dinge in die donker, Lei maanlig na die byl. Daar's ’n onheilspellende klop agter die muur: ’n Spook, ’n dief of ’n rot . . .Martin (2007) p7
Die moorde het ’n groot invloed op die Russiese intelligentsia gehad, die Akmeïste vernietig en ’n stigma laat kleef aan Achmatowa en haar seun, Ljef (by Goemiljof). Ljef is in die latere vervolgings van die 1930's gearresteer omdat hy Goemiljof se seun was.Kunitz and Hayward, Max (1973) p15-16 Uit ’n Marxistiese oogpunt is Achmatowa se poësie beskou as die weerspieëling van "vroulike" beuselagtighede, en nie in ooreenstemming met die nuwe rewolusionêre politiek van die tyd nie. Sy is deur die staat aangeval, asook deur voormalige ondersteuners en vriende. Haar werk is deur ’n partybesluit van 1925 nie-amptelik verbied en sy kon nie haar werk gepubliseer kry nie. Sy het egter aanhou skryf. Sy het beroemde oorsese skrywers se werk vertaal en akademiese verhandelings geskryf oor Poesjkin en Dostojefski. Baie mense in die Sowjetunie en oorsee het egter gedink sy is dood.Harrington (2006) p16 Sy het min kos en feitlik geen geld gehad nie, en haar seun is verbied om te studeer. Die landwye repressie en vervolgings het ’n verwoestende uitwerking op haar Sint Petersburgse vriendekring, kunstenaars en intellektuele gehad. Haar goeie vriend Mandelstam is verban en toe na die Goelag gestuur, waar hy sou sterf. Van haar digtersvriende het selfmoord gepleeg – ook haar suster, Marina Tswetajewa, wat ook ’n digter was. Achmatowa het net-net daarin geslaag om nie gearresteer te word nie, hoewel haar seun verskeie kere deur die Stalinistiese regering in hegtenis geneem is en van teenrewolusionêre bedrywighede aangekla is.Harrington (2006) p17 Sy sou soms ure in toue staan om vir hom kospakkies af te lewer of sy saak te bepleit.
Achmatowa is later getroud met ’n kunstenaar en ou vriend, Nikolai Poenin, en het tot in 1935 by hom gebly. Hy is ook herhaaldelik gearresteer en is eindelik in 1953 in die Goelag dood.Nota: Hul huis aan die Fontanka-rivier in Sint Petersburg is nou ’n Achmatowa-museum. Haar tragiese siklus Requiem dokumenteer haar persoonlike ondervinding van hierdie tyd; terwyl sy geskryf het, "het ’n honderd miljoen stemme" geskree deur haar "gefolterde mond".
Sewentien maande lank het ek gepleit dat jy mag huis toe kom. Het ek my voor die laksman se voete neergewerp. My angs, o my seun. En ek kan nie verstaan nie. Alles is nou ewige verwarring. Wie's die monster, en wie's die man? Hoe lank voor die teregstelling? (in Afrikaans vertaal uit A.S. Kline se Engelse 2005-vertaling van Requiem).
Vanaf 1939: Die Ontdooiing