Die Bontpalings (Muraenidae) is 'n visfamilie wat aan die orde Anguilliformes behoort. Die familie bevat 15 genera met minstens 200 spesies. Sewe-en-dertig van die spesies word aan die Suid-Afrikaanse kus aangetref.

Agtergrond Bontpalings word tussen 25 cm en 3,8 m lank. Hulle het geen skubbe of pektorale vinne nie en die dorsale vin begin normaalweg by die kieue-opening en strek tot by die stert. Alhoewel navorsing oor hulle voortplanting gebrekkig is, is dit egter bevestig dat party spesies hermafrodieties is.

Genera Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Echidna Echidna leucotaenia – Witgesigbontpaling Echidna nebulosa – Bontpaling Echidna polyzona – Balk-bontpaling

Gymnomuraena Gymnomuraena zebra – Sebra-bontpaling

Gymnothorax Gymnothorax breedeni – Swartwang-bontpaling Gymnothorax chilospilus – Witlip-bontpaling Gymnothorax eurostus – Sout-en-peper bontpaling Gymnothorax favagineus – Heuningkoekbontpaling Gymnothorax flavimarginatus – Geelrant-bontpaling Gymnothorax griseus – Geometriese bontpaling Gymnothorax javanicus – Reusebontpaling Gymnothorax meleagris – Tarentaal-bontpaling Gymnothorax nudivomer – Sterretjies-bontpaling Gymnothorax pictus – Verfspikkel-bontpaling Gymnothorax undulatus – Luiperd-bontpaling

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse