Die pylsterte (Dasyatidae) is 'n kraakbeenvis-familie wat tot die orde Myliobatiformes behoort. Daar is ses genera met meer as 70 spesies in hierdie familie. Veertien soorte kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Agtergrond Die kop en lywe van hierdie soorte is afgeplat om saam met die pektorale vinne 'n plat skyf te vorm. Die stert is lank en dun en die punt is giftig; hulle verdedig hulle daarmee deur die aanvaller met die stert te steek. Al die visse is ovovivipaar.

Genera Die volgende genera kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Dasyatis Dasyatis chrysonota - Bloupylstert

Himantura Himantura gerrardi - Skerpneuspylstert Himantura jenkinsii - Draakpylstert Himantura uarnak - Heuningkoekpylstert

Neotrygon Neotrygon kuhlii - Bloukol-pylstert

Taeniura Taeniura lymma - Bloukol-lintstertrog

Taeniurops Taeniurops meyeni - Waaierpylstert

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bronnelys Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Rôe