duimnael|'n Nes van ghwano. duimnael|'n Rots wat met ghwano bedek is aan die kus van Kalifornië (VSA)
Ghwano is die ontlasting (droë mis) van vlermuise en voëls. Dit is besonder hoog aan stikstof, fosfaat en kalium, drie voedingstowwe wat noodsaaklik is vir die groei van plante. Daarom word dit dikwels as bemesting gebruik om plante vinniger te laat groei. Dit word op eilande waar seevoëls woon, bv. Voëleiland naby Lambertsbaai, ontgin.
Minerale Van die minerale wat in ghwano aangetref word is fosfaatminerale soos hidroksielapatiet, brushiet, taranakiet en variskietMineralogical data on bat guano deposits from three Romanian caves Studia UBB Geologia, 2013, 58 (2), 13 – 18 en stikstofminerale soos teschemacheriet.
Ghwanovoëls 'n Klein aantal soorte van Suid-Afrika se inheemse seevoëls staan as ghwanovoëls bekend. Hulle kom in kolonies op eilande naby die kus voor waar hulle nes maak en broei.
Ghwano in al sy glorie Die mis, sogenaamde ghwano, wat hierdie voëls in hul broeikolonie lewer, word elke jaar aan die einde van die somer versamel, net voor die eerste winterreëns. Dit is 'n natuurlike en baie waardevolle bemestingstof. Die Departement van Nywerheidswese se onderafdeling Ghwano-eilande, versamel dit en verkoop dit aan boere. Die eilande mag alleenlik met 'n permit besoek word. Sommige van die voëls is beskerm.
Ghwano kan net versamel in daardie dele waar dit feitlik nooit reën nie. Of waar die reënseisoen eers na die broeityd kom.
Namibië Die meeste ghwano-eilande is natuurlike broeiplekke van seevoëls, maar in Namibië (Suidwes-Afrika) is 'n aantal jare gelede 'n interessante onderneming begin. Plek-plek aan die kus is deur private inisiatief platforms opgerig waarop die voëls in groot getalle kom sit en selfs nes maak. So kan ghwano versamel word.
Belangrike ghwano-eilande aan die Suid-Afrikaanse kus Ghwano-eilandLiggingDasseneiland50 km van KaapstadMalgasSaldanhabaaiJutteneilandSaldanhabaaiMarcuseilandSaldanhabaaiVoëleilandLambertsbaai duimnael|Witmalgasse (Morus capensis) op Voëleiland in Lambertsbaai|links|264x264px
Soorte voëls wat ghwano lewer Daar is hoofsaaklik drie soorte seevoëls wat ghwano lewer. Die trekkormorant of trekduiker is die vernaamste verskaffer van ghwano. Afrikaanse naamLatynse naaamEiersNesKaapse- of WitmalgasMorus capensis1keëlvormige ghwanohopie, hol van boTrekkormorant of trekduikerPhalacrocorax capensis2-3 kalkwitstokkies en seewierKaapse pikkewyn1-3 witholte in grond of tussen klippe met vere en seewierSwartvoetpikkewyn of BrilpikkewynSpheniscus demersus1geharde mis Die brilpikkewyn word deur die IUBN as 'n kwesbare spesie geklassifiseer omdat die bevolkingstal besig is om drasties te daal. Hul eiers word onder andere deur bruinroofmeeue uit die neste gesteel.
Sien ook Ichaboe Malgas Lys van eilande van Suid-Afrika Voëleiland, Lambertsbaai Robeiland Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys Kennis, 1980, vol 3, bl. 457,
Verwysings
Kategorie:Voëls