Nag van die negentiende is 'n Afrikaanse rolprent wat op Lambertsbaai verfilm en in 1991 vrygestel is. PG du Plessis het die draaiboek geskryf en Koos Roets was die regisseur.Nuwe prent by Lambertsbaai verfilm, Beeld, 4 Oktober 1990

Genre Die rolprent is 'n drama.

Hoofrolspelers Dawid Minnaar Embeth Davidtz as Tessa. Shaleen Surtie-Richards as Maxi, die verteller van die verhaal. Jacques Loots Marcel van Heerden Dawid Minnaar Pierre Knoessen André Jacobs Pieter Brandt as Eugene Kriel.

Storielyn Tessa loop elke jaar op die nag van die negentiende, sedert sy op die vooraand van haar troue verkrag en haar verloofde selfmoord gepleeg het, in haar trourok deur die klein vissersgemeenskap. Stukkie-vir-stukkie maak sy inligting bymekaar oor die identiteit van die verkragter.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente