Die bloustertharder (Moolgarda buchanani) is 'n vis wat aan die suidkus en die ooskus van Suid-Afrika vanaf die Breederivier voorkom. In Engels staan die vis bekend as Bluetail mullet.

Identifikasie Die vis kan tot 1 m lank word. Die lyf is silwer met die bokant wat blougrys tot groenerig is. Dit het 'n donker spikkel in die middel van elke skub en die stertvin is donker grysblou. Die vis verkies om in oop strandmere te leef.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakel Moolgarda buchanani by FishBase.

Kategorie:Beenvisse