Die langarmharder (Osteomugil cunnesius) is 'n vis wat voorkom aan die ooskus van Suid-Afrika vanaf Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Longarm mullet.
Voorkoms Die kop en liggaam is silwerkleurig en daar is 'n swart kol op die bokant van die pektorale vin se basis. Die vis word 35 cm lank.
Habitat Alhoewel die vis 'n seevis is kom dit ook perodiek in varswater voor. Die wyfie lê haar eiers naby strandmere gedurende die somermaande. Die onvolwasse visse leef in strandmere, veral dié met 'n varswaterinvloei.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bronne Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Verwysings
Eksterne skakel Osteomugil cunnesius op FishBase
Kategorie:Beenvisse