eSikhawini is 'n nedersetting in die noordelike KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dorpie het ongeveer 32 400 inwoners en is ongeveer 26 km suid van Richardsbaai en Empangeni geleë. Dit val onder jurisdiksie van die uMhlathuze Plaaslike Munisipaliteit wat onder die King Cetshwayo-distriksmunisipaliteit ressorteer.

Een van die sewe streekkantore van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika is hier geleë.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal