Die Reghoekige vlindervis (Chaetodon trifascialis) is 'n vlindervis wat voorkom in die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf die Oman tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Right-Angle butterflyfish.

Voorkoms Die vissie word tot 17 cm lank en kom in koraal- en kalksteen riwwe voor, in water wat 2 – 30 m diep is. Die kop en liggaam is wit met 15 chevron strepe van die kop na die stert. Die dorsale- en anale vinne is gelerig, die stertvin is swart met 'n geel rand en die bekken vin is wit. Die vis oorleef nie in 'n akwarium nie.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakels http://fishbase.org/summary/Chaetodon-trifascialis.html

Kategorie:Beenvisse