Die Swerwer-vlindervis (Chaetodon vagabundus) is 'n vlindervis wat voorkom aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Vagabond butterflyfish.
Voorkoms Die vissie word tot 23 cm lank en kom in koraal- en rots riwwe voor, in water wat 5 – 30 m diep is. Die kop en liggaam is wit en die liggaam is bedek met strepe wat in twee rigtings gaan. Daar is ook 'n swart band wat by die dorsale vin begin, oor die oë en om die vis se liggaam gaan tot by die anale vin. Die vis oorleef in akwariums.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bronne Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006.
Eksterne skakels http://fishbase.org/summary/Chaetodon-vagabundus.html
Kategorie:Beenvisse