Die pêrel-vlindervis (Chaetodon madagaskariensis) is 'n vlindervis wat voorkom in die Indiese oseaan, aan die ooskus van Afrika, vanaf Algoabaai (Gqberha) in Suid-Afrika en noordwaarts (insluitend die Kersfeeseiland en Kokoseilande) tot by Sri Lanka. Die vissie word tot 13 cm lank en kom in koraal- en rotsriwwe voor, van 10 – 70 m water. In Engels staan die vis bekend as die Pearly butterflyfish en kan in akwariums oorleef.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakel Chaetodon madagaskariensis by FishBase
Kategorie:Beenvisse