Die spinnerhaai (Carcharhinus brevipinna) is 'n haai wat aan die ooskus van Suid-Afrika voorkom. In die somer maande kan dit sover suid as Port Elizabeth gaan. In Engels staan die haai bekend as die Spinner shark.

Voorkoms 'n Kenmerk van die haai is die swart op die punte van die haai se vinne behalwe die bekken vinne. Hulle word tot 1.8 m lank. Hulle leef op of naby die oppervlak van die water en gaan selde dieper as 75 m en jag in groepe saam. Die volwasse haaie het 'n bronserige grys kleur.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Carcharhinus-brevipinna.html

Kategorie:Haaie