Die Vlindervisse (Chaetodontidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Perciformes behoort. Daar is 11 genera (met minstens 124 spesies) in hierdie familie. Twintig van die soorte kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Vlindervisse Die visse wat onder hierdie familie ressorteer, word tussen 10 tot 47 cm lank. Hulle word meestal op riwwe aangetref, in water van 1 tot 250 m diep. Vele van die soorte is beperk tot koraalriwwe. Hulle eet klein ongewerweldes soos wurms en slakke, alge en plankton. Hulle bly gewoonlik in pare saam, partykeer alleen en vorm soms groot skole. Hulle is daglewend en hulle helder kleure maak dit maklik vir skubaduikers om hulle op te spoor. Gedurende die nag verander hulle kleur en hulle kruip dan weg in grotte en gate. Hulle is wêreldwyd verspreid in tropiese en warm oseaanwaters.

Genera en spesies Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suider-Afrikaanse kus voor:

Amphichaetodon Chaetodon Chaetodon auriga - Draadvinvlindervis Chaetodon bennetti - Boogskutter-vlindervis Chaetodon blackburnii - Bruinburnie Chaetodon dolosus - Swartrand-vlindervis Chaetodon falcula - Saal-vlindervis Chaetodon guttatissimus - Mooigussie Chaetodon interruptus - Eenkolvlindervis Chaetodon kleinii - Kleinvlindervis Chaetodon lineolatus - Gestreepte vlindervis Chaetodon lunula - Halfmaanvlindervis Chaetodon madagaskariensis - Pêrel-vlindervis Chaetodon marleyi - Dubbelbandvlindervis Chaetodon melannotus - Swartrug-vlindervis Chaetodon meyeri - Meiboom-vlindervis Chaetodon mitratus - Indiese vlindervis Chaetodon trifascialis - Reghoekige vlindervis Chaetodon trifasciatus - Pers vlindervis Chaetodon vagabundus - Swerwer-vlindervis Chaetodon xanthocephalus - Geelkop-vlindervis Chaetodon zanzibarensis - Zanzibar-vlindervis

Chelmon Chelmonops Coradion Forcipiger Forcipiger flavissimus - Langneus-vlindervis

Hemitaurichthys Hemitaurichthys zoster - Borseltand-vlindervis

Heniochus Heniochus acuminatus - Koetsier Heniochus diphreutes - Skoolkoetsier Heniochus monoceros - Gemaskerde koetsier

Johnrandallia Prognathodes

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse