duimnael|links|200px|Harders in die Mediterreense See.

Die harders (Mugilidae) is 'n vis-familie wat aan die orde Mugiliformes behoort. Die familie bevat 17 genera en minstens 70 spesies. Sestien van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Die lywe van die familie het 'n silidriese vorm met 'n klein koppie. Daar is twee kleinerige dorsale vinne op die rug en die meeste spesies het gevurkte sterte. Die lyf en grootste gedeelte van die kop is bedek met klein skubbe. Die grootte wissel van 20 cm tot 1.2 m. Hulle eet kos wat op die bodem versamel. Die familie kom voor in riviermondings, strandmere en in sanderige baaie. Twee spesies word gevind in riviere en die varswater harder, Myxus capensis, gaan net see toe net om kuit te skiet. Hulle skiet normaalweg kuit in die winter en lente.

Genera Die vogende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suider-Afrikaanse kus voor:

Genus: Crenimugil Crenimugil crenilabis - Fraiinglip-harder

Genus: Liza Liza macrolepis - Grootskub-harder Liza richardsonii - Suidelike harder

Genus: Mugil Mugil cephalus - Platkopharder

Genus: Myxus Myxus capensis - Varswater-harder

Genus: Valamugil Valamugil buchanani - Bloustert-harder Valamugil cunnesius - Langarm-harder

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse