Die gespikkelde langvin (Plesiops multisquamata) is 'n vis wat endemies is aan die ooskus van Suid-Afrika, van Kosibaai tot by Port Edward. In Engels staan dit bekend as die Bluespotted longfin.

Voorkoms Die vis is donkerbruin met blou kolletjies op. Die volwassenes het 'n swart vlek bo die einde van die kieu-opening. Die vis word tot 25 cm lank en kom voor in vlak water van nie meer as 3 m nie van koraal- en rotsriwwe. Hierdie vis is skaars.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakel Plesiops multisquamata by Fishbase.

Kategorie:Beenvisse