Buysdorp is 'n klein nedersetting in Limpopo, Suid-Afrika. Die dorpie lê tussen Vivo en Mara op die R522-streeksroete. Die nedersetting het ontstaan toe 'n sendingstasie hier gestig is vir die nakomelinge van Coenraad de Buys. Hy was 'n voëlvryverklaarde swendelaar wat by verskeie swart vroue kinders verwek het. President Paul Kruger het die grond hier aan die Buysmense toegeken.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967. Steyn, Pieter en Cornél van Heerden: Op Buysdorp is almal familie. Die Burger, 4 April 2016.

Kategorie:Nedersettings in Limpopo