200px Spreewald / Błóta
Historiese kultuurlandskap enUnesco-biosfeerreservaat
Ligging 180px Brandenburg, Duitsland
Oppervlakte 500 km²waarvan biosfeerreservaat: 488 km²
Bevolking 160px 50 000
Tale Duits, Neder-Sorbies
Die Spreewald (Neder-Sorbies: Błóta, "Moerasland") is 'n uitgestrekte laagland en historiese kultuurlandskap in die suidooste van die Duitse deelstaat Brandenburg, geleë in die administratiewe distrikte Dahme-Spreewald en Oberspreewald-Lausitz, sowat 100 kilometer suidoos van Berlyn. Die Spreewald vorm die noordelikste deel van Neder-Lausitz met Cottbus as die politieke en kulturele sentrum. Sy hoofkenmerk is die natuurlike vertakkings van die Spreerivier wat deur kunsmatige kanale aansienlik uitgebrei is. Die rivier- en moeraslandskap word sedert 1991 as Unesco-biosfeerreservaat beskerm.
duimnael|links|Kaart van die Spreewald Dit was veral die Sorbe, 'n Wes-Slawiese volk, wat hul stempel op die kultuurlandskap Spreewald afgedruk het. Die gebied het lankal tot een van die bekendste en gewildste toeristebestemmings in Brandenburg ontwikkel.
Soortgelyke landskappe in Europa Marais Poitevin in die Franse geweste Nieu-Akwitanië en Pays de la Loire
Eksterne skakels
Kategorie:Brandenburg Kategorie:Streke van Duitsland